Op sy bepaalde tyd red God ons deur sy Seun sodat ons kinders van God kan wees

Preekskets

Het ons as mense vandag ’n identiteit? Het die familie waaraan jy behoort ’n invloed op jou identiteit? Dan is daar nog ook die geloofsoortuigings wat jy het. Kan die moderne mens nog ’n verband trek tussen sy geloofsoortuigings en sy optrede in die samelewing. Ons gaan vanoggend kyk na wat die Woord sê oor ons familiebande en hoe ons derhalwe moet optree.