- Diens: 2013-10-06 (Aand)
- Prediker: Prof. Henk Stoker
- Skriflesing: 1 Johannes 4:1, 4:7-5:1
- Teksvers: 1 Johannes 4:16
Opname (Preek)
Preekskets
God wil hê dat liefde ‘n inhirente deel van ons lewens moet wees. Dit is regtig belangrik dat ons sal verstaan en ervaar wat liefde is.
- “Ons ken die liefde wat God vir ons het”
- Liefde is dié een saak waarop ‘n mens se verhouding met God rus.
- Omdat dit van God af uitgaan, het selfs die kleinste kind nie ‘n agterstand as dit by ‘n verhouding met God kom nie.
- God se liefde vir ons is nie iets waarvoor ons moes gewerk het nie.
- Opregte liefde, die diepe omgee wat ons het, kom van God af.
- Almal ken en glo nie die opregte liefde wat God vir ons het nie.
- Baie wat sê dat hulle glo, verstaan nie waarvan 1 Joh. 4:16 praat nie.
- Die twee dinge wat mense verhinder om regtig God se die liefde te ken is dwalinge en verkeerdhede (2 Timoteus 3:16)
- Dwalinge te bestry:
- Kultes leer hulle lede dat God se liefde vir jou voorwaardelik is.
- Islam glo ook dat God se liefde voorwaardelik is.
- Koran – Hfst.3:30 - "As julle Allah liefhet, volg my; Allah sal julle dan liefhê en julle sondes vergewe."
- Moslems moet Allah lief hê om so sy liefde en vergifnis te verwerk.
- Nêrens in die Koran is daar van ‘n selfopofferende liefde sprake nie.
- Dus: Moslems “ken die liefde wat God vir ons het” (1 Joh. 4:16) nie.
- Hierteenoor weet ons dat God se volmaakte liefde onvoorwaardelik is
- Verkeerdhede reg te stel:
- ‘n Verkeerde siening van God verhinder gelowiges om die liefde van God te ken. Dit moet reggestel word.
- God beeld Sy verhouding met ons uit as Vader en kind (1Joh.5:1).
- ‘n Swak verhouding tussen pa (en ma) en kind benadeel die beeld.
- Dit moet reggestel word deur te vergewe soos God vergewe.
- Deur ‘n biddende lees van God se Woord bring die Gees ons hierby uit & leer ons God se liefde ken en met liefde vir Hom en ander lewe.
- As ons God se liefde ken en daarin glo val dinge in ons lewe in plek!
- Want dan bly ons in Hom en Hy in ons - 1 Johannes 4:16.