Arm, maar ryk

  • Diens: 2013-09-01 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Openbaring 2:8-11
  • Teksvers: Openbaring 2:9

Preekskets

Die wêreld is vol ellende en pyn. Tog beleef ons elke dag ook baie voorregte uit die hand van die Here. Sy genade in ryke mate. Selfs in die moeilikste omstandighede hou die Here sy kinders vas. Deur water en vuur (Jes. 43).

Die gemeente in Smirna was 'n martelaarsgemeente, wat moes leef in die rook van brandstapels en bloed. Van die lidmate is vermoor, in die tronke gegooi, gespot en gehaat. Van hierdie gemeente sê Christus:

  • Ek ken julle verdrukking.
  • Al is julle arm, tog is julle ryk.
  • Ek ken die haatspraak van ongelowiges teen julle.
  • Maar, moenie bang wees nie, selfs nie vir die duiwel in die moeilikste tye nie.
  • Bly getrou tot die dood
  • Ek gee aan julle die lewe as kroon.

Die troos wat gelowiges, ons, het is dat niks ons van God se liefde in Christus kan skei nie. Wees dankbaar vir al die voorregte en genade wat ons elke dag ontvang. Bid vir hulle in beproewing.

Kom met dankbare harte vanaand om die fees van die Nagmaal te vier.