Uit die hele mensdom vergader die Here sy kerk wat tot die ewige lewe uitverkies is

  • Diens: 2013-06-02 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Jesaja 59:12-21
  • Teksvers: Jesaja 59:21

Preekskets

Ek glo aan die kerk. Daar staan nie: ek sien die kerk nie. As ek die kerk moes sien as een, heilige, apostoliese en algemene kerk dan was ek moedeloos gewees voordat ek nog die belydenis klaar bely het. Waar het u die kerk al gesien as een volkome heilige gemeenskap van gelowiges? As ons sien, dan sien ons juis verskeuring en verskeurdheid in hierdie kerk van die Here. Heilig? Hoeveel gelowiges leef werklik toegewyd aan die Here? Algemeen/Katoliek? Is daar onder alle bevolkingsgroepe al kerk? Apostolies/Christelik? Baie hang nie meer die leer van die Apostels nougeset aan nie. Ons sien nie die kerk wat een, heilig, algemeen en apostolies is nie, ons glo dit. In die belydenis oor wat ons van die kerk glo is ons oppad. Die vraag is: sien ons dan vanoggend die kerk? Moet die belydenis oor die kerk nie ook gesien word nie? Natuurlik! Dit alles moet egter begin by die regte belydenis oor die kerk. Daarop wil ons in die prediking vanoggend fokus.