Hulp kom van die Here. Sionsberg staan vas.

  • Diens: 2013-05-05 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Psalm 124:1-8 en Psalm 125:1-5
  • Teksvers: Psalm 124:1,2 en Psalm 125:1,2

Preekskets

Sekerheid, vastigheid en bestendigheid is alleen deur die geloof by God te vind. Want ons hulp kom van die Here. Hierdie twee Psalms is deel van die pelgrimsliedere of bedevaartsliedere. Drie woorde is belangrik: bid, reis en sing. Die volk bely biddend, terwyl hulle op pad is, die Here se sorg en beskerming vir hulle.

  • As die Here ons nie gehelp het nie.
  • Ons hulp kom van die Here.
  • Die wat op die Here vertrou is soos Sionsberg.
  • Die Here is rondom sy volk.

Met die koms van Christus is hierdie versorging van God vir ons, ten volle geopenbaar. Nie net met die oog op hierdie aardse lewe nie, maar tot in ewigheid. Dus bo tyd en ruimte uit. God is nou net meer rondom ons nie maar deur sy Heilige Gees in ons.

As die Here nie sy Seun gestuur het nie, was ons nou nog op pad na die ewige verdoemenis. As die Heilige Gees nie in ons woon nie, dan is ons nou nog onseker, onbestendig en sonder enige vastigheid. Christus is gebore en die Heilige Gees is uitgestort.