Skepping sekerheid

  • Diens: 2013-02-24 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Genesis 1:1-4, 25-28; Jesaja 44:6,8,24; HK Sondag 9
  • Teksvers: Genesis 1:1; Jesaja 44:24

Preekskets

Die keuse waarvoor elke mens staan, is om te glo (Gen.1:1 & Jes. 44:24) dat God in die begin die hemel en die aarde self geskep het, of glo dat alles per ongeluk, planloos, sommer uit niks, gebeur het.

Niks het nie die energie of materie om iets te skep nie. Daarom is dit nonsens (on-logies) om te sê dat die heelal uit eie krag, uit niks, tot iets ontplof het – en daarby ‘n hoogs geordende stelsel. As iets bestaan, moet dit van iewers kom, of dit moet ewig daar wees. Anders kan dit nie bestaan nie.

Om God te ontken, moet ateïste ontken dat alles deur Iemand geskep is. As jy kan wegdoen met die skepping, kan jy wegdoen met die Skepper. Daarom gee hulle voor dat dit wat ontstaan het uit niks dit self daargestel het – al maak dit nie sin nie.

Vir God om God te wees (vgl. NGB art.1 – Skb.12-3), moet Hy self ewig en onverganklik wees, en moet Hy die mag hê om die wêreld uit niks te kan maak. SKEP beteken God het nie materie nodig om ander materie te vorm nie. SKEP beteken ook dat God potensialiteit in materie plaas wat nie vroeër daar gewees het nie. Skep beteken ons as mens – wat wiskundig en geordend gemaak is – kan die potensialiteit wat in materie lê ontdek, en dit binne gestelde grense en wetmatigheid omvorm tot iets anders.

Onderhouding beteken dat God steeds in beheer is. Dat iets op ‘n bepaalde plek en tyd gebeur, is vir ons meestal onvoorsiens en onvoorspelbaar – maar gebeur nie buite die wil van die Here om nie.

Heidelbergse Kategismus - Sondag 9:

Ek glo dat die ewige Vader van ons Here Jesus Christus wat die hemel en aarde met alles wat daarin is, uit niks geskep het (a) en deur sy ewige raad en voorsienigheid nog onderhou en regeer (b), ter wille van sy Seun Christus my God en Vader is. (c) Op Hom vertrou ek ...