Die gelowige se hande

  • Diens: 2012-07-22 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Psalm 24:1-10 en Handelinge 20:33-38
  • Teksvers: Psalm 24:4 en Handelinge 20:34

Preekskets

Sonder hande gaan ‘n mens moeilik deur die lewe. Jou hande is nodig vir feitlik elke handeling van elke dag in jou lewe. Oordink dit ‘n bietjie. Hoe sal jy sonder hande kan lewe?

'n Mens kan jou hande reg en verkeerd, goed of sleg, positief of negatief gebruik. Paulus wys vir die ouderlinge in Efese sy hande. Hande wat gewerk het in diens van die Here. Hoe lyk ‘n gelowige se hande? Die Bybel praat van verskillende hande.

  • Reddende hande. Gen. 8:9. Noag steek sy hand uit die ark en red die duif.
  • Rein hande. Ps. 24:4.
  • Vlytige/flukse hande. Spr. 10:4.
  • Biddende hande. Ps. 134:2
  • Deurboorde hande. Joh. 20:27,28.

Hoe lyk jou hande?