God alleen stuur die wêreld na sy einddoel

  • Diens: 2012-05-20 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Openbaring 4:1-11; HK Sondag 10
  • Teksvers: Openbaring 4:2,11

Preekskets

  • Beide Johannes en Jesaja sien ’n troon as hulle in die hemel inkyk
  • Op die troon sit daar Een! Die Almagtige.
  • Hy deel sy regering en sy koninkryk met niemand – Hy alleen regeer.
  • Die kerk loof God en sê: alles is deur u geskape en deur u wil bestaan alles.
  • Dis presies wat ons in Sondag 10 bely rakende God se voorsienigheid.
  • Daar is geen toeval of noodlot nie.
  • God regeer oor die kwaad, maar is self nooit die bron van die boosheid nie.
  • Dis deur sy Almag en alleenheerskappy dat Hy dit kan doen!
  • Hy voer alles na die groot einddoel – die koms van sy koninkryk.
  • Daarom is ons nie bang vir die toekoms en is ons nie slagoffers wat uitgelewer is nie.
  • Ons lewe in voorspoed en teenspoed met die TROOS van ons Vader se regering.
  • Sy troon is nie leeg nie. Niks kan ons van sy regering en daarom van sy liefde skei nie!