Ons Vader wat oor ons lewens beskik weet wat ons nodig het

  • Diens: 2012-04-15 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Matteus 6:1-13; HK Sondag 9
  • Teksvers: Matteus 6:8

Preekskets

  • Om die die Skepper jou God te kan noem is ’n onmeetlike voorreg.
  • Om die Skepper boonop jou Vader te kan noem is onbegryplike genade.
  • Daartoe het Christus ons herstel – dat die Skepper weer ons God en Vader is.
  • Daarom leef ons in die troos van ons Vader se Raad en Voorsienigheid.
  • Met hierdie troos lewe ons in die wete dat die Skepper ons vaderlik versorg.
  • Daardeur weet ons ook dat ons nie uit die wêreld met sy gebrokenheid geïsoleer word nie.
  • Daarin mag ons juis weet dat alles in ons lewens tot ons beswil beskik word.
  • Daarom is nooit slagoffers van die gebrokenheid, maar kinders en oorwinnaars.
  • Vanuit hierdie troos kan ’n gelowige elke beproewing dra – tot God se eer en jou saligheid.