-
Diens:
2012-03-18 (Oggend)
-
Prediker:
Ds. Ronald Bain
-
Skriflesing:
Johannes 15:23-16:15; HK Sondag 8
-
Teksvers:
Johannes 15:26
Preekskets
- Die leer oor die Drie-eenheid gaan ons verstande te bowe.
- Tog is die leer oor die Drie-eenheid nie onlogies nie.
- Anders sou God vir ons vreemd en onkenbaar gewees het.
- Die leer oor God se Drie-enigheid kom al van die OT af.
- In ons teksgedeelte vind ons ’n duidelike openbaring hiervan.
- Ons bely God is een in wese en drie in persoon.
- Ons mag sy wese nie deel en die persone nie vermeng nie.
- Dit het gereeld in die kerkgeskiedenis gebeur dat mense dit doen!
- Vandaar die gebruik van begrippe soos: wese, persone en Drie-eenheid.
- Hierdie noodwoorde kan God nie omvat nie, maar beskerm ons teen dwaalleer.
- Sodat ons God waarlik kan ken al is sy grootheid vir ons onbegryplik!