God se wil is ons voedsel

  • Diens: 2010-07-25 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Johannes 4:27-42; HK Sondag 49
  • Teksvers: Johannes 4:34

Preekskets

Kos en water is noodsaaklik vir lewe en voortbestaan van mens, dier en plant. Daarsonder kom die dood.

Tog is daar ʼn uitsondering vir die mens in Matt 4:4 dat ons nie van brood alleen kan leef nie, maar van elke woord wat uit God se mond kom. Dit is duidelik dat Christus hier beeldspraak gebruik.

Die punt van vergelyking is die volgende: net so belangrik kos vir die liggaamlike lewe is, so en nog belangriker is God se woord vir ons geestelike lewe. In die teksvers  leer ons dat nie net die hoor van God se wil nie maar die doen daarvan vir Christus voedsel was. Sonder die geestelike voedsel sterf die geloof.

Paulus sê in Romeine 8 dat die geloof uit die gehoor en die gehoor uit die woord van God is.

In die praktyk beteken dit dat:

  • Ek my eie wil prysgee
  • God se wil alleen goed is.
  • Ek aan God gehoorsaam is.
  • Ek my werk en amp getrou doen.

Christus het God se wil gedoen tot in die dood in, ter wille van ons redding.

Wat eet jy alles?