-
Diens:
2012-05-20 (Oggend)
-
Prediker:
Ds. Ronald Bain
-
Skriflesing:
Openbaring 4:1-11; HK Sondag 10
-
Teksvers:
Openbaring 4:2,11
Preekskets
- Beide Johannes en Jesaja sien ’n troon as hulle in die hemel inkyk
- Op die troon sit daar Een! Die Almagtige.
- Hy deel sy regering en sy koninkryk met niemand – Hy alleen regeer.
- Die kerk loof God en sê: alles is deur u geskape en deur u wil bestaan alles.
- Dis presies wat ons in Sondag 10 bely rakende God se voorsienigheid.
- Daar is geen toeval of noodlot nie.
- God regeer oor die kwaad, maar is self nooit die bron van die boosheid nie.
- Dis deur sy Almag en alleenheerskappy dat Hy dit kan doen!
- Hy voer alles na die groot einddoel – die koms van sy koninkryk.
- Daarom is ons nie bang vir die toekoms en is ons nie slagoffers wat uitgelewer is nie.
- Ons lewe in voorspoed en teenspoed met die TROOS van ons Vader se regering.
- Sy troon is nie leeg nie. Niks kan ons van sy regering en daarom van sy liefde skei nie!