-
Diens:
2012-04-15 (Oggend)
-
Prediker:
Ds. Ronald Bain
-
Skriflesing:
Matteus 6:1-13; HK Sondag 9
-
Teksvers:
Matteus 6:8
Preekskets
- Om die die Skepper jou God te kan noem is ’n onmeetlike voorreg.
- Om die Skepper boonop jou Vader te kan noem is onbegryplike genade.
- Daartoe het Christus ons herstel – dat die Skepper weer ons God en Vader is.
- Daarom leef ons in die troos van ons Vader se Raad en Voorsienigheid.
- Met hierdie troos lewe ons in die wete dat die Skepper ons vaderlik versorg.
- Daardeur weet ons ook dat ons nie uit die wêreld met sy gebrokenheid geïsoleer word nie.
- Daarin mag ons juis weet dat alles in ons lewens tot ons beswil beskik word.
- Daarom is nooit slagoffers van die gebrokenheid, maar kinders en oorwinnaars.
- Vanuit hierdie troos kan ’n gelowige elke beproewing dra – tot God se eer en jou saligheid.