Dink aan jou Skepper

  • Diens: 2012-03-04 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Prediker 11:9-12:8
  • Teksvers: Prediker 11:8,9 en 12:1

Preekskets

Dink aan jou Skepper! Dit is 'n bevel, jy moet dit doen. Hierdie opdrag is in besonder aan jongmense gerig.

Die Here roep ons, sy kinders, jonk en oud op om die dolle gejaag van die lewe tot stilstand te kom om aan Hom, jou Skepper te dink.

  • Skepper: Hy wat die hemel en aarde, alles uit niks gemaak het deur Sy Woord. Hy is Skepper, Onderhouer en Regeerder. God ons Vader.
  • Dink aan: Dit is ‘n bevel, ‘n opdrag. Hierdie opdrag is om aktief iets te doen nl. om God te erken, te eer en dien, lief te hê en te onthou. Dus om nooit sonder hom te leef nie. Hoe? Deur gereelde Bybelstudie en gebed.
  • Jou jong dae: die lewenstyd waarin die meeste van julle nou is. Geniet jou jong dae(vers 9), maar op die regte manier. Onthou dat God van jou rekenskap gaan eis.

In jou jong dae moet jy jou geestelik voorberei vir jou ou dag. (12:1b – 8.) Onthou dat jou Skepper aan jou dink. Dat Hy jou lief het. So lief dat Hy sy Seun vir jou na die wêreld gestuur het, sodat jy jonk of oud, die ewige lewe kan ontvang.