Jesus Christus het mens geword om ons sondes voor God te bedek

  • Diens: 2017-03-05 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Matthéüs 1:1-25
  • Teksvers: Matthéüs 1:20&25

Preekskets

Daar is soveel gedagtes rondom wie Jesus Christus werklik was en is.  Daar is diegene wat meen Hy is maar net ’n gewone mens wat op die aarde gelewe het,  ’n mens wat ’n goeie voorbeeld gestel het wat ons moet nastreef.  Ons weet egter dit is nie heeltemal waar nie.   Ons bely in die Apostoliese geloofsbelydenis dat Hy ware mens en ware God is, as ons bely dat Hy ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria.  Hy is dus nie maar net ’n historiese Jesus nie.  Hy is God en was ware mens op aarde.  ’n Paar gedeeltes wat dit vir ons beklemtoon is:

Lukas 1:35 Die Goddelike wonder van sy geboorte

Filippense 2:6-7 Hy word gelyk  aan ons (behalwe vir die sonde)

Lukas 4:2 Sy menslikheid toe Hy versoek is

Hebreërs 4:15 Hy het medelye met ons , want Hy was ook mens

Romeine 3:24 Jesus was nie maar net ’n historiese mens nie, ons verlossing is ook in Hom alleen

Romeine 8:3-4 Jesus Christus is gestuur van God

Omdat Jesus ware God en ware mens is, kan ons voor God staan omdat ons sondes bedek  is deur die werk van Jesus Christus.  Hy is ons Middelaar.  Hy herstel ons verhouding met God.