Die Here is die oorwinnaar in die stryd

  • Diens: 2016-02-21 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Eksodus 15:1-19
  • Teksvers: Eksodus 15:1,2,19

Preekskets

Gelowiges kan 'n oorwinningslied sing. Ons is aan die wenkant. Die deel is 'n lied, 'n gedig, waar Moses geskryf en die volk tot eer van die Here gesing het. God se almag en sy hulp vir Sy volk is die tema van die lied (verse 1-3).

Die Here se oorwinning oor die magtige Egipte  word beskryf. (Verse 4-10) Die watergraf in die Rooisee is die uiteinde van die Egiptenaars.  In verse 11-17  sien ons die sorg en hulp van die Here aan Sy volk. Vers 18 en 19 is die hoogtepunt waarin die hele lied saamtrek; die Here regeer tot in ewigheid.

Moses leer:

  • Ons moet in verwondering staan voor die almag en liefde van die Here.
  • Die Here is in beheer van die van die hele wêreld. Hy regeer tot in ewigheid.
  • In Sy voorsienigheid bepaal alles en sorg Hy vir alles en almal tot in die fynste detail.
  • Die hoogtepunt van Sy almag, liefde en regering het in Christus tot openbaring gekom. Hy is die Koning van die konings.
  • Hy is die enigste Seun van God, Jesus Christus, ons Verlosser.