Die kerk is die HERE se erfdeel

  • Diens: 2016-02-07 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Samuel 26:1-25
  • Teksvers: 1 Samuel 26:19,20

Preekskets

  • In Psalm 16 lees ons dat die HERE ons erfdeel is.
  • In die teksgedeelte en op ander plekke lees ons egter dat die kerk die Here se erfdeel is.
  • Wat sou dit tog beteken? Kan die Almagtige aan wie alles behoort iets erf?
  • Die Bybel leer ons: die HERE se volk se blyplek is ook God se blyplek.
  • Daar wil God vir ewig woon – onder sy volk.
  • Dit is Dawid se grootste hartseer! Saul verdryf hom uit die HERE se erfdeel.
  • Dit is ook Dawid se sonde - dat hy hom laat verdryf het weg van die Here se aangesig.
  • Ons ewige Koning word buite die stad gedood en hang weg van God se aangesig aan die kruis.
  • So laat kom Hy 'n nuwe hemel en aarde en roep ons om op aarde te bly werk.
  • Sodoende bevestig Christus dat die Here se volk plek en ruimte kry om Hom te aanbid.
  • Dit leer ons baie van die kerk se roeping en hoe dit moet plaasvind.
  • Dit leer ons baie van roeping en ruimte.
  • Waar het God jou geroep om deel van sy erfdeel te wees?