Doop en bekering en God se beloftes

  • Diens: 2015-05-24 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Handelinge 2:37-42
  • Teksvers: Handelinge 2:38-39

Preekskets

Dit is wonderlik dat Petrus se antwoord aan die mense op Pinkster nie net “bekeer julle” is nie, maar ook “laat elkeen van julle gedoop word”.

  1. DOOP - IETS BEKEND: Verskeie Godsdienstige reinigingsrites word in die Ou Testament voorgeskryf. Dit beeld die besef van sondevuilheid wat deur die Here weggeneem moet word uit. Die profete wys telkens daarop dat uitwendige wassinge ‘n simbool moet wees van innerlike bekering wat plaasgevind het (Jes. 1:16 ev.) en dat dit heenwys op ‘n groot toekomstige reiningingsgebeurtenis (Eseg. 36:25; Sag. 13:1)
  2. DOOP & BEKERING: Pinkster is die dag waarop die nuwe bedeling begin. Die eerste hoorders was diep in hulle hart getref en vra wat hulle moet doen (Hand. 2:37). Petrus antwoord hulle: “Bekeer julle en laat julle doop”.
  3. DOOP & GOD SE BELOFTE: Die doop word nie bedien a.g.v. iemand se belydenis nie, maar a.g.v. God se belofte. Die wonder van die doop is dat dit God se belofte aan ons is! Hierdeur bevestig Hy dat ons aan Hom behoort en deel in Sy wonderlike gawes van vergewing en die Heilige Gees wat in ons woon (vs. 38).