Eendrag maak mag

  • Diens: 2014-09-21 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Korinthiërs 12:12-27
  • Teksvers: 1 Korinthiërs 12:12,13; Spreuke 30:27,28

Preekskets

Jou liggaam kan nie sonder jou kop bestaan nie. Die kerk van die Here op aarde, ook Cachet gemeente, is die liggaam van die Hoof – Jesus Christus. Die kerk sonder die Hoof is dood.

Selfs in die diereryk is daar leiers onder die verskillende spesies. Tog is daar 'n uitsondering. Die sprinkane funksioneer ordelik sonder ‘n leier.

  • Die sprinkane preek.
    Hulle het nie 'n koning of leier nie, maar tog trek die hele swerm in formasie of goeie orde. Hulle krag lê nie in hulle grootte nie maar in hulle formasie. Daardie eenheidsinstink wat die Here in hulle geskape het en wat hulle leierloos saambind. Van die gemeente leer die Here dat ons 'n geloofseenheid is. ‘n Eenheid van die ware geloof. Lees 1 Kor. 12:24b en 25. Ons is elkeen ‘n lewende lid van Christus se liggaam.
  • Die geitjies preek.
    Die geitjie kom oral voor. Selfs in die koning se paleis. Die Here leer deur die geitjie dat volharding positief is. Volharding kweek egtheid van geloof, en geloof kweek hoop. Mat. 24:13: “Maar wie tot die einde volhard sal gered word.”

So gebruik die Here die sprinkane en geitjies om ons by die reddende werk van Christus te bring.