Die hele skepping preek

  • Diens: 2014-09-07 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Psalm 19:1-12
  • Teksvers: Psalm 19:2,4,5; Spreuke 30:24,25

Preekskets

'n Preek sonder woorde. En tog gaan die woordlose boodskap oor die dat hele wêreld uit en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde. In Psalm 19 leer die Here ons deur Dawid, dat Hy Homself op twee manier aan die mens bekendmaak/openbaar (NGB artikel 2.)

  • Die algemene openbaring. Dit is in die skepping, regering en onderhouding van die hele wêreld. God se almag word gesien. Ps.74:17: "U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand."
    Wat preek die nietige miere?
  • Die besondere openbaring.  Dit is die Woord van die Here. Die Woord is volmaak. Dit gee lewe. Ja, deur die geloof in Christus kry ons die ewige lewe. Die Woord is kosbaarder as goud en soeter as heuning.

Vir gelowiges loop die twee openbaringe van God altyd saam. Ons kyk na die algemene openbaring vanuit die helder lig van die van die Woord. En dan leer ons uit die Woord "en wel so veel as wat vir ons in hierdie lewe nodig is tot Sy eer en tot die saligheid van   hulle wat aan Hom behoort." Deur die Gees en Woord werk die Here die geloof in ons harte.