Die Here is ons geregtigheid

  • Diens: 2014-07-27 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Jeremia 33:1-26
  • Teksvers: Jeremia 33:15,16

Preekskets

Die groot kerkhervormer, Martin Luther, het groot erns gemaak met God se geregtigheid. Hy het goed besef dat God geregtigheid eis dat al ons sondes gestraf moet word. Hy is dan 'n regverdige Regter. Die Almagtige wil elke sonde straf wat gedoen word en Hy sal nooit sy aangesig wegdraai om 'n sonde ongestraf te laat bly nie.

Luther het daarom in vrees en bewing geleef vir die Here se geregtigheid. Vandaar ook sy bekende woorde: waar sal ek 'n genadige God kry. Sy lewe daar in die klooster as 'n Roomse monnik, was gekenmerk deur 'n ontsaglike innerlike stryd met die geregtigheid van God en sy oordeel oor die sonde.

Die mens kan nie uit die moeilikheid uitkom nie. Al vra ons hoe verskoning, al vra ons hoe om vergewing, al bid ons hoe oor ons sonde, al doen ons hoe boete en bieg en kasty onsself. God eis dat geregtigheid moet geskied. Hy eis die doodstraf van liggaam en siel. Ons het die verbond verbreek en daar moet betaal word. Dis juis vanuit die Skrif dat Luther die ontknoping van hierdie probleem ontdek het. Ons wil vanaand in die prediking daarop let hoedat die Here se geregtigheid God se straf en ons verlossing beteken.