Ons wedergeboorte is ‘n nuutgeboorte — ‘n verwekking van bo

  • Diens: 2014-03-09 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Johannes 3:1-21; 1 Johannes 5:1-5
  • Teksvers: Johannes 3:3,7,8; 1 Johannes 5:1

Preekskets

  • Waarom kan ons wat blote mense is, kinders van die Almagtige genoem word?
  • Ons staan vanaand stil in die prediking by Christus se eerste gesprek (diskoers) in Johannes.
  • Die Here praat met Nikodemus oor wedergeboorte. Daarsonder kan jy God nie sien nie.
  • Die Here gebruik twee woorde om wedergeboorte te beskryf: nuut en gebore.
  • Die woord nuut kan ook vertaal word met van bo.
  • Die woord gebore kan ook vertaal word met verwek.
  • Ons wedergeboorte is nuut, dis van bo, dis 'n geboorte en dis 'n verwekking deur die Gees.
  • Daarom word ons God se kinders genoem, want dis Hy wat ons verwek het deur sy Gees.
  • Christus het betaal sodat ons wedergebore kan word en die ewige lewe kan ontvang.
  • Net so min as wat ‘n mens kan besluit om gebore te word, kan jy besluit om wedergebore te word.
  • Maak hierdie leer van die wedergeboorte wat 'n daad van God is, 'n mens nie passief nie?
  • Nee, God se Woord keer nie leeg tot Hom terug nie.
  • Ondersoek nou jou lewe en antwoord die vraag: Is ek wedergebore?