Ons liefdevolle Vader roep sy kinders altyd terug na Hom

  • Diens: 2012-02-19 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Joël 2:1-17
  • Teksvers: Joël 2:12,13

Preekskets

  • Die profesie van Joël gaan oor die naderende springkaanplaag.
  • Hierdie plaag word in verband gebring met die dag van die Here.
  • Die plaag en die dag van die Here tref beide gelowiges en ongelowiges.
  • Tog is daar ’n groot verskil, vir die een is dit oordeel en die ander God se liefde.
  • God roep sy kinders altyd weer terug na Hom in sy liefde.
  • Dit noem die Bybel bekering – dis ’n daad van die mens deur die krag van God.
  • Daar is een wat Hom nooit hoef te bekeer het en tog keer God sy aangesig weg van Hom.
  • Daarom is God se beproewing in ons lewens nooit oordeel, maar heiliging.
  • ’n Ware gelowige groei elke dag, ook in ons wegdraai van sondes en slegte gewoontes.
  • Juis nie omdat ons bang is, maar omdat God ons so ontsaglik lief het!