Christus kom ons haal

  • Diens: 2011-05-08 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Matteus 24:36-44
  • Teksvers: Matteus 24:38,39

Preekskets

Die wêreld soos ons hom ken, is op pad na sy einde. Hierdie einde is vir ons wat glo, die troosryke verwagting van die wederkoms van Christus.

In die profetiese rede is Christus self aan die woord – Hy preek. Hy leer onder andere oor Sy wederkoms dat:

  • Daar sekere tekens sal wees wat Sy naderende koms sal aandui.
  • Net die Vader weet op watter datum en tyd dit sal plaasvind.
  • Daar ooreenkomste is met die omstandighede in die tyd van Noag.
  • Ons waaksaam en gereed moet wees.

Die sondvloed wys God se oordeel maar ook Sy genade en liefde wat later in Christus ten volle geopenbaar is. Die troos van die wederkoms vir ons is dat Hy ons, saam met al die uitverkorenes, na Hom in die hemelse blydskap en heerlikheid sal neem.