‘n Wrede ontnugtering

  • Diens: 2010-02-07 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Matteus 7:21-24; Matteus 25:1-13
  • Teksvers: Matteus 7:21,24; Matteus 25:8

Preekskets

Wat is die vreeslikste ding wat met jou kan gebeur? Die heel ergste?

Om te dink jy is gered en dan te laat te besef dat dit nie so is nie. Christus vertel die gelykenis van die tien dwase en die tien verstandige meisies/maagde om dit te verduidelik.

Die tien was op ʼn troue en wag op die bruidegom sodat die bruilofsfees kon begin. Die vyf verstandiges het ekstra lampolie vir die wagtyd gebring en die ander vyf nie. Die eerste vyf was gereed vir die lang wag en die koms van die bruidegom. Selfs die donker het hulle nie onverhoeds gevang nie.

Hierdie deel leer:

  • Wees gereed vir die koms van die bruidegom.
  • Moenie te vol van jouself wees nie.
  • Moenie selfsugtig wees nie.
  • Is jy gereed vir die koms van die Hemelse Bruidegom?