- Diens: 2016-08-21 (Aand)
- Prediker: Prof. Henk Stoker
- Skriflesing: Filippense 1:27-2:13
- Teksvers: Filippense 2:1-4
Opname (Preek)
Opname (Erediens)
Preekskets
Die brief van die apostel Paulus aan die gemeente in Filippi staan bekend as sy blydskap-brief. In die vier hoofstukke verwys hy 16 keer na vreugde en blydskap. Daar is egter een ding wat ’n mens se blydskap wegneem – selfsug.
SELFSUG:
Selfsugtige mense dink deur selfsugtigheid gaan hulle vir hulle self blydskap bring --- maar dit ontneem hulle juis hul blydskap! Van nature is alle mense selfsugtig. Klein kindertjies moet dit juis afgeleer word. Die hart van sonde is selfsugtigheid (Fil.2:3). Die Here het met Sy self-op-OFFER-ing selfsug kom deurbreek.
SELFSUGTIGE EENSGESINDHEID:
Die teenpool van selfsug (ek-fokus) is eensgesindheid (Fil.2:2). Die wêreld probeer ʼn selfsugtige eengesindheid daar stel. Dit slaag egter nie as selfsug gebruik word om selfsug te beveg nie.
CHRISTELIKE EENSGESINDHEID:
As die Heilige Gees (in my) my deur my verhouding met God onder die indruk van die innige liefde & regverdige heiligheid van God bring, dan kan en moet ek van my selfsug ontsnap en as nuwe mens ander se belange ook my belange te maak (Fil.2:4).