-
Diens:
2016-03-13 (Aand)
-
Prediker:
Ds. Ronald Bain
-
Skriflesing:
Jesaja 24:13-25:12
-
Teksvers:
Jesaja 25:6,9
Preekskets
- Jes. 24-27 maak God se oordeel oor die wêreldmagte bekend.
- Asook die verlossing van sy volk.
- In hoofstuk 25 lees ons van die groot oorwinningsmaal op Sion.
- Dit sal gereed gemaak word vir al die volke en daar sal die beste wyn en kos wees.
- Daar sal God die sluier wat die volke oordek wegvat.
- Hy sal die dood vernietig en die trane afvee.
- Dis alles ‘n heenwysing na die bruilofsmaal van die Lam.
- Hier in die ou bedeling het ons egter ook ’n heenwysing na daardie heerlike maaltyd.
- Die nagmaal is meer as ’n heenwysing. Dis ’n beseëling.
- So ontvang ons krag en geduld om te wag op die Here.
- Christus versadig ons aan sy tafel sodat ons kan volhard totdat Hy sy bruid kom haal.