-
Diens:
2016-02-07 (Aand)
-
Prediker:
Ds. Ronald Bain
-
Skriflesing:
1 Samuel 26:1-25
-
Teksvers:
1 Samuel 26:19,20
Preekskets
- In Psalm 16 lees ons dat die HERE ons erfdeel is.
- In die teksgedeelte en op ander plekke lees ons egter dat die kerk die Here se erfdeel is.
- Wat sou dit tog beteken? Kan die Almagtige aan wie alles behoort iets erf?
- Die Bybel leer ons: die HERE se volk se blyplek is ook God se blyplek.
- Daar wil God vir ewig woon – onder sy volk.
- Dit is Dawid se grootste hartseer! Saul verdryf hom uit die HERE se erfdeel.
- Dit is ook Dawid se sonde - dat hy hom laat verdryf het weg van die Here se aangesig.
- Ons ewige Koning word buite die stad gedood en hang weg van God se aangesig aan die kruis.
- So laat kom Hy 'n nuwe hemel en aarde en roep ons om op aarde te bly werk.
- Sodoende bevestig Christus dat die Here se volk plek en ruimte kry om Hom te aanbid.
- Dit leer ons baie van die kerk se roeping en hoe dit moet plaasvind.
- Dit leer ons baie van roeping en ruimte.
- Waar het God jou geroep om deel van sy erfdeel te wees?