- Diens: 2015-02-08 (Aand)
- Prediker: Ds. Ronald Bain
- Skriflesing: Numeri 16:1-50
- Teksvers: Numeri 16:42-45
Opname (Preek)
Preekskets
- Korag was uit die stam van Levi en Datan en Abiram uit die stam van Ruben.
- Hulle het vir Moses en Aäron verwyt dat hulle magsbehep is.
- Die Here straf hulle met vuur en ʼn aardbewing – ʼn verkriklike oordeel.
- Daarna het die volk weer in opstand gekom en God het die volk van ʼn kant af
begin uitwis.
- Totdat Aäron sy werk as middelaar gedoen het en vir die volk geoffer het.
- God leer ons dat Hy sy kinders liefhet, maar dat sy liefde heilig is.
- God se liefde verdra nie ongehoorsaamheid en opstand teen Hom nie.
- Daardie heilige liefde sien ons die duidelikste aan die kruishout van Gólgota.
- In Christus eis God steeds dat ons Hom met ʼn heilige ontsag sal aanbid.
- Dat ons die evangelie sal verkondig as ʼn heilige evangelie.
- Dat ons moet waak teen eiewillige opstand teen Hom.
- Dis die krag van die evangelie. Nie net God se liefde nie, maar sy heilige liefde.