Die Here ag ons so hoog dat hy aanhoudend op ons ag gee

  • Diens: 2014-11-16 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Job 7:1-21
  • Teksvers: Job 7:17,18

Preekskets

Die feestyd is nie vir almal feestelik nie. Vir sommiges is dit die swaarste tyd van die jaar. Die tyd wanneer hulle die eensaamste is, wanneer die gemis die grootste word. Wanneer die verlange amper onuithoudbaar is. Vir sommiges is die feestyd 'n tyd van beproewing deur siekte of dood of geliefdes in die hospitaal. Eksamens wat hulle gedruip het. Keuring wat hulle nie gemaak het nie. Dis nie asof die wêreld minder gebroke is aan die einde van die jaar met die vakansietyd wat voorlê nie. Dis nie asof die Here werk met ons nou verander nie. Hy is en bly dieselfde God wat op sy kinders ag gee, wat met sy kinders besig is. Daarmee het Job ook geworstel. Job het egter geleer dat die Here nooit ophou om met sy kinders besig te wees nie. So mag ons getroos die vakansieseisoen ingaan - of ek nou beproef word of nie. Die Here is heilig besig met my. Hy soek my elke dag op. Ons kan nie vir Hom wegkruip nie, Hy soek ons op. Hy deursoek my. Hy beproef en weeg en meet my aanhoudend. Hy is elke dag met my besig om my al hoe meer te omvorm na die Beeld van sy Seun.