Ons lewe ewig deur die Woord, daarom kan ons ter wille daarvan sterf

  • Diens: 2014-08-17 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Openbaring 6:1-17
  • Teksvers: Openbaring 6:9-11

Preekskets

Die eerste vier seëls wat die Here Jesus breek het te make met dit wat op aarde gebeur. Die vier perde. Die eerste een verteenwoordig die verkondiging van die evangelie. Die ander drie perde wat volg verteenwoordig God se oordeel op aarde. Dan verskuif Johannes se blik na die hemel en wat daar gebeur. Hy sien die gelowiges wat gedood is as gevolg van hulle geloof. Dis die martelare wat na die Here roep om te vra wanneer die Here gaan oordeel en wraak neem. Die afgelope tyd het die vervolging van Christene deur die Moslems opnuut weer onder ons aandag gekom. Dan kan daar maklik by ‘n mens vrae ontstaan oor waarom God nie hierdie verskriklike en wrede vervolging stop nie. Dit laat ons wat betreklik vry is in ons aanbidding ook nadink oor ons eie getrouheid aan die Here. Wat wil die Here vir ons openbaar van Homself in hierdie gedeelte EN wat wil Hy van Homself openbaar in die lewens van gelowiges wat ter wille van sy Woord sterf? Daarop wil ons vanaand in die prediking fokus.