Ondersoek die Skrif

  • Diens: 2014-03-16 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Johannes 5:30-47
  • Teksvers: Johannes 5:39,40

Preekskets

God werk die geloof in ons harte deur die Skrif. In hierdie deel gee Christus self die rede hoekom ons die Skrif moet ondersoek. “Die Skrif getuig van my.” Ons word weer gewys op die belangrikheid van bybelstudie.

Hoe het die Fariseërs en skrifgeleerdes die Skrif ondersoek?

  • Met verwaande trotsheid en hoogmoed. Ons ken die Skrif, daarom is ons beter as ander.
  • Verslawing aan die letter van die wet.
  • Met kritiese en ongelowige harte.

Hoe moet ons die Skrif ondersoek?

  • Onthou altyd: die Skrif (Ou-en Nuwe Testament getuig van Christus en sy versoeningswerk.
  • Glo wat jy lees. Die Here se Gees sal die Skrif vir jou oopmaak om te verstaan en die geloof in jou hart werk.
  • Bid altyd voor en nadat jy die Skrif lees.

Ondersoek die Skrif. Deur persoonlike Bybelstudie en word deel van 'n Bybelstudie-groep. So sal die Here jou geloof laat groei.