-
Diens:
2014-03-09 (Aand)
-
Prediker:
Ds. Ronald Bain
-
Skriflesing:
Johannes 3:1-21; 1 Johannes 5:1-5
-
Teksvers:
Johannes 3:3,7,8; 1 Johannes 5:1
Preekskets
- Waarom kan ons wat blote mense is, kinders van die Almagtige genoem word?
- Ons staan vanaand stil in die prediking by Christus se eerste gesprek (diskoers) in Johannes.
- Die Here praat met Nikodemus oor wedergeboorte. Daarsonder kan jy God nie sien nie.
- Die Here gebruik twee woorde om wedergeboorte te beskryf: nuut en gebore.
- Die woord nuut kan ook vertaal word met van bo.
- Die woord gebore kan ook vertaal word met verwek.
- Ons wedergeboorte is nuut, dis van bo, dis 'n geboorte en dis 'n verwekking deur die Gees.
- Daarom word ons God se kinders genoem, want dis Hy wat ons verwek het deur sy Gees.
- Christus het betaal sodat ons wedergebore kan word en die ewige lewe kan ontvang.
- Net so min as wat ‘n mens kan besluit om gebore te word, kan jy besluit om wedergebore te word.
- Maak hierdie leer van die wedergeboorte wat 'n daad van God is, 'n mens nie passief nie?
- Nee, God se Woord keer nie leeg tot Hom terug nie.
- Ondersoek nou jou lewe en antwoord die vraag: Is ek wedergebore?