-
Diens:
2012-08-05 (Aand)
-
Prediker:
Ds. Ronald Bain
-
Skriflesing:
1 Petrus 4:1-11
-
Teksvers:
1 Petrus 4:10
Preekskets
- Is dit nodig om jou gawes te ontdek?
- Dis merkwaardig dat ons nooit so 'n opdrag in die Bybel kry nie.
- God beloon sy kinders met gawes - ons ontvang gawes, ons ontdek dit nie.
- Ons teksgedeelte leer ons: namate jy ‘n genadegawe ontvang het bedien God se genade.
- Hierin word die aard van die gemeente en die aard van die gawes duidelik.
- Daar is verskil tussen talente en geestesgawes.
- Christus het vir ons al hierdie gawes verwerf en dit aan ons gegee.
- Ons het meer gekry as wat ons besef! Meer as wat ons benut!
- Ons is bedienaars van God se veelvuldige genade aan mekaar.
- Dit beteken om te administreer, om rentmeester daarvan te wees.
- Hoe gaan ons met ons gawes die veelvuldige genade van God aan mekaar bedien?
- Nie deur ons gawes te ontdek nie, maar deur gehoorsaam te wees aan God se opdragte!