Christus het ons met sy bloed gekoop

  • Diens: 2012-05-20 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Korinthiërs 6:12-20
  • Teksvers: 1 Korinthiërs 6:20

Preekskets

Wat is die hart/kern van ons geloof?

God het die wêreld so lief dat Hy Sy Seun, Jesus Christus, gestuur het om in ons plek te sterf. Ter wille van ons sondes is Hy doodgemaak aan die kruis. Hy het opgestaan en na die hemel opgevaar waar Hy op hierdie oomblik aan God se regterhand sit en vir ons intree. Sy Gees is uitgestort en woon in ons. Ons is tempels van die Heilige Gees.
God het ons gekoop. Die prys is betaal. Wat was die prys? Christus se bloed( Kol.1:20). Die bloed van Christus is die kern. Nie die bloed van diere van die Ou Testament nie. Dit het alles vooruit gewys na Christus.

Ons is gekoop en die prys is betaal! Ons behoort nie aan onsself nie. Nou kom die opdrag - verheerlik God in julle liggaam. Ons liggame is deel van die liggaam van Christus. Daarom leef ’n dankbaarheidslewe.