Seerkry en pyn is deel van ons daaglikse lewe

  • Diens: 2010-08-01 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Hebreërs 12:4-12
  • Teksvers: Hebreërs 12:7 en 11

Preekskets

Almal van ons het al ons deel van pyn belewe. Van kleins af ken ons dit. Ons ervaar almal:

  • liggaamlike pyn
  • emosionele pyn

Bybelse voorbeelde van altwee is volop. Dink maar aan Job en Dawid. Selfs Christus is nie daarvan gespaar nie.

Hoe moet ons pyn hanteer?
Aanvaar pyn as deel van die lewe. Deel van die onvolmaaktheid en gebrokenheid van die lewe.
Sien pyn as goed, nuttig en selfs noodsaaklik. Rom. 8 :28 sê dat alles ten goede meewerk vir gelowiges.
God is saam met jou in jou pyn. Hy help.
God se troos in pyn.
Dra mekaar se laste in pyn. Help mekaar.
Christus het gesterf vir ons pyn. Die pyn en ellende van die sonde.