Uitreike

Van Venterskroon tot in Gobabis verkondig ons die Evangelie aan mense in verskillende sosiale kringe en ouderdomsgroepe. Raak betrokke by ’n uitreik. Dit is ons opdrag van die Here om die Evangelie aan almal te verkondig. Hierdie is ‘n lys van al ons uitreike met die kontakpersone se besonderhede.

Koningskinders

Koningskinders reik uit na kinders van Graad 1-12 wat fisiese, emosionele of geestelike nood het. Ons hou maandeliks ‘n aksie met ‘n middagete, Bybelstudie en speletjies. Sondae gaan van die kinders saam met ons kerk toe en die studente gee vir hulle katkisasie. Ons kamp gewoonlik twee keer ‘n jaar met die kinders — ‘n naweek in Mei en ‘n week in Desember.

Kontak vir Willem van der Meer by 073 021 6871 as jy ‘n groepleier wil wees.

Leer meer Sluit aan op Facebook

Namibië

In die Julie-vakansie gaan help ‘n groep lidmate die Gereformeerde Kerk Sanveld met evangelisasie. Die bouspan help om huise te bou vir die gemeentelede en hulle bring verbeterings aan by die kerkgebou. Ons spandeer baie tyd saam met die kinders by Hippo Laerskool deur speletjies en gesprekke in die aand by die koshuis.

Kontak vir Friedrich De Wet (084 629 7051) as jy wil saamgaan.

Sluit aan op Facebook

Bohlokong

Ons is betrokke by ‘n projek wat kerkplanting behels naby Bethlehem, in samewerking met die gemeentes van Reitz, Frankfort en Bethlehem. Dit is ‘n uitreik wat in 2013 begin is.

Sluit aan op Facebook

Ons Hulde

Ons Hulde is ‘n ouetehuis in Eleazerstraat, Potchefstroom. ‘n Groep studente gaan gereeld daarheen om ‘n Skrifgedeelte te lees, saam te bid en Psalms te sing. Die bejaardes van Ons Hulde is nie welgesteld nie en sommige was voorheen inwoners van Witrand, die inrigting vir gestremdes in Potchefstroom. Hulle sien altyd baie uit na ons kuier. Hierdie uitreik vind gewoonlik elke tweede Saterdag en soms op Sondae plaas.

Kontak vir Kosie Henning by 079 913 6466 oor die tyd!

Emmanuel Mathoporong

Eenmaal ‘n jaar besoek ‘n groep studente die dorpie Reddersburg om sending- en evangeliesasiewerk by die gemeente Emmanual Mathoporong te verrig. Hulle besoek ook Reddersburg se kinderhuis en help met instandhoudingswerk.

Kontak vir Bertina Pretorius by 082 564 2043 as jy wil saamgaan.