Elektroniese Psalmboek

‘n Psalmboek-toep is nou beskikbaar vir Android en iPhone / iPad:

Get it on Google PlayDownload on the App Store


‘n Alternatief is om ‘n e-boek van die swart Psalmboek wat deur ds. Attie Bogaards saamgestel is, op mobiele toestelle soos selfone en tablette te gebruik.

Om die e-boek op jou selfoon te laai, besoek gkcachet.org.za/psalmeboek vanaf jou mobiele toestel en laai die epub-lêer af. Maak die lêer dan oop met ‘n e-boekleser. Die Google Play Books app kom saam met meeste Android toestelle en kan gebruik word om die lêer mee oop te maak. Meeste ander e-boek apps (soos Aldiko) sal ook die lêer kan oopmaak. Daar is ook ‘n wye verskeidenheid apps beskikbaar om die e-boek op iOS toestelle soos die iPhone en iPad mee oop te maak. Die maklikste is om iBooks te gebruik, wat in meeste gevalle reeds geïnstalleer is.

‘n Kindle weergawe van die e-boek is ook beskikbaar vir gebruik op ‘n Kindle toestel of saam met die Kindle app op Android of iPad.

EPUB (629kB) Kindle (1.2MB)