Vertrou jouself toe aan God se soewereine voorsienigheid!

  • Diens: 2017-06-11 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Genesis 41: 1-16 & 25-40
  • Teksvers: Genesis 41: 15-16 & 25

Preekskets

As daar nou een ding is waaroor ons leer uit die geskiedenis van Josef, is dit God se voorsienigheid. In Genesis 41 leer ons in besonder:

 

GOD SORG IN SY VOORSIENIGHEID VIR GELOWIGES EN DIE WÊRELD

Dit sien ons uit die feit dat God vir Josef gesorg het (’n gelowige individu) maar ook vir Egipte en die omliggende lande met die uitkoms uit die hongersnood.

Vier dinge wat God doen word in besonder hier beklemtoon:

  1. God sorg dat Josef wonderbaarlik uit die tronk geroep word.
  2. God gee vir Josef die verklaring van die farao se drome.
  3. God wys vir die farao wat Hy gaan doen.
  4. God lei die farao om Josef aan te stel as eerste minister.

Wat word daar van my en jou verwag in die lig van al hierdie dinge?

 

VERTROU JOUSELF TOE AAN GOD SE SOEWEREINE VOORSIENIGHEID

Ons moet onsself volkome toevertrou aan God se soewereine voorsienigheid. Hy is in beheer van alle dinge ... en ons moet Hom daarmee vertrou (vgl. Matt. 6:31-33).

 

Ons moet vier dinge baie goed besef:

  1. God laat alle dinge perfek op sy tyd gebeur.
  2. God sy tyd is nie ons tyd nie.
  3. God berei ons vir spesifieke dinge voor.
  4. God se voorsienigheid beteken nie ons kan agteroor sit nie.

 

Josef wat brood gee vir die wêreld wys uiteindelik vooruit na ons Here Jesus Christus wat sou kom om brood te gee vir die hele wêreld: Homself, die brood van die lewe (Joh. 6:35,51).