Die koms van die Lam is vir die gelowige ’n wonderlike troos, maar vir die ongelowige ’n verskrikking

  • Diens: 2017-05-28 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Openbaring 6: 12-17
  • Teksvers: Openbaring 6: 12a, 16b & 17

Preekskets

Donderdag het ons weer die geleentheid gehad om in bewondering te staan voor die hemelvaart van Jesus Christus, waar Hy as ewige Koning aan die regterhand van God sit en regeer. Maar wat nou? Hy het nou opgevaar na die hemel, maar waar laat dit ons?

 

Die wonder is dat Hy weer gaan kom, maar Hy gaan kom om te oordeel. In die prediking gaan ons stilstaan by die wete en die troos dat wanneer Christus weer kom, Hy oor die gelowiges en die ongelowiges gaan oordeel.