Ek of ons

  • Diens: 2016-08-21 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Filippense 1:27-2:13
  • Teksvers: Filippense 2:1-4

Preekskets

Die brief van die apostel Paulus aan die gemeente in Filippi staan bekend as sy blydskap-brief. In die vier hoofstukke verwys hy 16 keer na vreugde en blydskap. Daar is egter een ding wat ’n mens se blydskap wegneem – selfsug.

SELFSUG:

Selfsugtige mense dink deur selfsugtigheid gaan hulle vir hulle self blydskap bring --- maar dit ontneem hulle juis hul blydskap! Van nature is alle mense selfsugtig. Klein kindertjies moet dit juis afgeleer word. Die hart van sonde is selfsugtigheid (Fil.2:3). Die Here het met Sy self-op-OFFER-ing selfsug kom deurbreek.

SELFSUGTIGE EENSGESINDHEID:

Die teenpool van selfsug (ek-fokus) is eensgesindheid (Fil.2:2). Die wêreld probeer ʼn selfsugtige eengesindheid daar stel. Dit slaag egter nie as selfsug gebruik word om selfsug te beveg nie.

CHRISTELIKE EENSGESINDHEID:

As die Heilige Gees (in my) my deur my verhouding met God onder die indruk van die innige liefde & regverdige heiligheid van God bring, dan kan en moet ek van my selfsug ontsnap en as nuwe mens ander se belange ook my belange te maak (Fil.2:4).