Sonder God, sonder hoop. Met God, die ewige lewe.

  • Diens: 2016-03-13 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Efesiërs 2:11-22
  • Teksvers: Effesiërs 2:13

Preekskets

Ver van jou goed, na aan jou skade. Veel erger, ver van God af, dan is jy sonder hoop. Sonder Christus, dan uitgesluit uit die burgerskap van Israel.

Sonder God leef die mens 'n lewe van ongeloof.

  • Dan is jy nie 'n koninkryksburger nie.
  • Dan deel jy nie in die beloftes van die verbond nie.
  • Ver van God af.
  • Dan is jy sonder hoop in die wêreld.

Deur die bloed van Christus het ons een met Hom geword en het Hy ons vrede geword.

Nou is ons:

  • Naby God.
  • Nie bywoners nie, maar medeburgers.
  • Deel van die huisgesin van God.
  • 'n Gebou op die fondament van die apostels, met Christus as hoeksteen.
  • 'n Tempel en geestelike huis.