Nagmaal – ‘n maaltyd van afwagting!

  • Diens: 2016-03-13 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Jesaja 24:13-25:12
  • Teksvers: Jesaja 25:6,9

Preekskets

  • Jes. 24-27 maak God se oordeel oor die wêreldmagte bekend.
  • Asook die verlossing van sy volk.
  • In hoofstuk 25 lees ons van die groot oorwinningsmaal op Sion.
  • Dit sal gereed gemaak word vir al die volke en daar sal die beste wyn en kos wees.
  • Daar sal God die sluier wat die volke oordek wegvat.
  • Hy sal die dood vernietig en die trane afvee.
  • Dis alles ‘n heenwysing na die bruilofsmaal van die Lam.
  • Hier in die ou bedeling het ons egter ook ’n heenwysing na daardie heerlike maaltyd.
  • Die nagmaal is meer as ’n heenwysing. Dis ’n beseëling.
  • So ontvang ons krag en geduld om te wag op die Here.
  • Christus versadig ons aan sy tafel sodat ons kan volhard totdat Hy sy bruid kom haal.