Christus het Homself as volkome offer gegee om ons te bevry van die ewige straf en om ons weer in genade aan te neem

Preekskets

Kom ons kyk eerstens saam na hoe groot fout die mensdom teenoor God gemaak het.

  1. Die mensdom verdien om gestraf te word.
  2. Geen skepsel kan hierdie straf dra nie.
  3. Ons benodig 'n Middelaar en Verlosser.

Daar is drie sake waaraan ons wil aandag gee ten opsigte van Jesus se offer.

  1. Hy was ʼn vlekkelose offer.
  2. Hy het Homself deur die Gees geoffer.
  3. Hy het Homself vrywillig en doelbewus geoffer.
  4. Omdat Christus ons Middelaar en Verlosser is, kan ons Hom dien.

Watter wonderlike troos is dit nie dat God ons herstel het in verhouding met Hom sodat ons Hom kan en wil dien nie? In lewe en in sterwe behoort elke gelowige aan Jesus Christus, ons Verlosser en Middelaar.