Wie is soos die Here? Niemand nie

  • Diens: 2016-03-06 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Jesaja 40:12-31
  • Teksvers: Jesaja 40:12,13,18,25

Preekskets

Wie is soos die Here wat ons dien? Met wie kan ons die Here vergelyk dat dié net soos Hy asof selfs net naby Hom kom?

  • God is almagtig. Hy is die Skepper van die waters, die hemel, die aarde, die berge en heuwels (Vers 12). Ook die nasies. (Vers 15) Hy het die hele skepping in grootsheid geskape. Makro- en mikrokosmos.
  • God is groot. Met wie kan ons God vergelyk? (Vers 21) Niemand nie. Job 36:26:  “God is groot, ons kan sy grootheid nie begryp nie, sy jare kan nie bereken word nie.”
  • God is genadig. Hy gee die vermoeides krag en versterk die wat nie meer kan nie. Hy gee krag na kruis.

Ps. 145:8: “Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde.” God se genade en liefde is in Christus ten volle geopenbaar.