Die Here bewaar Sy kerk in Christus

Preekskets

In hoofstukke 12 en 13 van Openbaring lees ons oor die sataniese drieheid se strategie en aanval op die hele mensdom. Die sataniese drieheid is die draak, die antichris en die valse profeet se wraak op die hele mensdom, wat ook die gelowiges insluit.

Saam met dit word ons bewaar van God se toorn. Dit bring ons by die volgende punte:

  1. Ons bewaring in Christus
  2. Christus, die Lam vir ons geslag
  3. Die Here bewaar Sy kerk

Wat beteken dit vir ons vandag? Dit beteken dat ons aan die waarheid kan vashou. Ons mag nie tevrede wees met ʼn halwe waarheid nie, want dit is ʼn volle leuen. Daarom moet ons vra, sing ons werklik die lied van die kerk, of die lied van die mens? Verkondig ons wat die Woord sê, of wat die mense wil hoor. As gelowiges moet ons hele lewe die lied van die Lam sing en verkondig so sê die HERE Here. Ons lewe moet getuig van God se almag en liefde.