Die grond van ons gebed is dat God ons Vader is

  • Diens: 2016-02-14 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Johannes 16:20-33; Lukas 11:1-4; Matteus 6:5-15
  • Teksvers: Johannes 16:23; Matteus 6:9; HK Sondag 46

Preekskets

  • In die begin is Adam die seun van God genoem.
  • Na die sondeval het die mens Vaderloos geword.
  • Vir die Skrifgeleerdes van ouds was dit ondenkbaar om God ons Vader te noem.
  • Christus leer ons in sy bergpredikasie hoe ons moet bid.
  • Dit is die grond van ons gebed – die fondament!
  • Dit bepaal die aard van ons gebede.
  • Christus het dit vir ons met sy bloed verwerf.
  • Dat ons tot die Vader moet bid.
  • Wie God nie Vader kan noem nie, kan ook nie bid nie.
  • Daarom roep ons die Vader aan, in die naam van die Seun, deur die krag van die Gees.
  • So begin ’n gebed wat God behaag. Ons roep God aan as ons Vader.