Gereelde geestelike gimnastiek

  • Diens: 2016-02-14 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: 1 Timoteus 4:6-16
  • Teksvers: 1 Timoteus 4:7,8

Preekskets

Oefening is baie belangrik vir 'n mens se liggaam. Geestelike oefening is nog belangriker. Sonder geestelike oefening sterf jy op geestelike gebied. Liggaamlike oefening het bietjie waarde, maar geestelike oefening het in alle opsigte groot waarde.

Geestelike oefening het die volgende voordele:

  • Dit het ‘n belofte van lewe.
  • Dit omvat die huidige en toekomstige lewe.

Wat is geestelike oefening?

  • Oefen kom van die oorspronklike woord waarvandaan ons “gimnastiek” vandaan kom. Dus om dikwels herhalende oefeninge nougeset en pligsgetrou te doen.
  • Oefen in die godsaligheid, om in toewyding aan God te lewe.
  • Hoe? Glo en aanvaar die Woord onvoorwaardelik (vers 9).  Wees ‘n voorbeeld (vers 12). Leef uit die Woord (vers 15). Dus gereelde Bybelstudie en gebed.
  • Leef in verhouding met die Drie-enige God. Christus is die Woord wat vlees geword het en vir ons sondes betaal het. En Hy leer met woord en daad hoe om geestelik te oefen.