God versoek ons nie

  • Diens: 2016-02-07 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Jakobus 1:12-18
  • Teksvers: Jakobus 1:12,13,15; HK Sondag 52 vraag 127

Preekskets

Versoekings is iets vreesliks. Dit is die werkswyse van satan, waardeur hy al baie mense tot ‘n val gebring het. Die doel van satan is om ons deur versoekings so te verlei dat ons uiteindelik sondig. Jakobus leer dat die versoekings ‘n bepaalde pad loop:

  • Begeertes word bevrug.
  • Rypwordingsfase. Groeifase.
  • Geboortefase.

Hoe moet gelowiges versoekings hanteer?

Erken jou eie swakheid deur altyd op jou hoede te wees. Ken jou vyande en moet jou nie onnodig blootstel nie. Leef versigtig in gehoorsaamheid aan God. Vlug weg van die sonde. Bid vir die krag van die Heilige Gees om jou staande te hou sodat jy sterk teenstand kan bied en uiteindelik die oorwinning volkome kan behaal.

Christus is ook deur die satan versoek. Hy oorwin sodat ons deur Hom die oorwinning ontvang.