Die HERE tug ons nie tot die dood nie

  • Diens: 2015-11-08 ()
  • Prediker:
  • Skriflesing: Jeremia 10:1-25
  • Teksvers: Jeremia 10:24

Preekskets

Het jy al ooit so in u lewe gebid? Het jy al ooit gewaag om dit van die Here te vra? Wie doen dit om op jou knieë te val daar in jou binnekamer en met trane te smeek – ag Here tugtig my tog. Nee, ons bid eerder: help my tog, genees my tog, troos my tog, vergewe my tog, maar nie: tugtig my tog. Dis presies wat Jeremia doen. Hy vra vir die Almagtige om hom te tug. Is dit nie angswekkend nie? Ons vra eerder dat Hy ons nie moet straf nie. Ons vra dat Hy ons tog moet verskoon en vergewe. Ons bely ons skuld en oortreding en dan is alles mos verby. As ek berou het dan is die saak mos afgehandel. Waarom sou dit dan nog nodig wees om te bid om tugtiging? Vanaand wil ons in die prediking hierdie gebed van Jeremia van naderby bekyk.